Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die donker voor die malhuis se deur" deur CHARL DURAND
"Die donker voor die malhuis se deur" deur CHARL DURAND [boodskap #9010] Sa, 05 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die donker voor die malhuis se deur - vir lawrence
Charl Durand

Staan-staan verval jy in die ry van die sinneloses
elke dag 'n verbreking van die lig van jouself

maar dis wat jy wil glo - jou realiteit, jou skade,
jou christus in 'n russiese woordeboek.

Blaar vir blaar pluk jy die tak van bang
woordeloos verwag jy die wolke van angs

want dis al waarna jy deur jou dikwandbril staar.

Elke glinstering is vir jou verwarring
'n glimlag... weerlig... of is dit 'n traan?
-- wat jy nooit gestort het nie, tot jou skade
soekend na sielerus soos verlore pos.

Ek wou vir jou skree, pasop, die skadus gee mee
jou siel staan nader aan die donker voor die malhuis se deur
en die hel wat jy verwek is maar net die skepping se gebed
vasgevang in die tronk van jou no-where lewe.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Die Tarentaal" deur TOTIUS
Volgende onderwerp: "Terugflitse" deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 09:15:49 MGT 2024